Gereformeerde Kerk

Pretoria-Annlin

 

 

 

Gereformeerde Kerk

Pretoria-Annlin

Kleuterbediening

Gereformeerde Kerk

Pretoria-Annlin

 

Kleuterbediening

Visie

Die Kleuterbediening Diensgroep se visie is groepe kleuters in ons gemeente wat d.m.v. klein saadjies van kennis en geloof gegroei het tot kinders wat lief is vir Jesus en steeds meer vrugbaar sal word in hul katkisasie jare voorentoe.

 

 

Visie

Die Kleuterbediening Diensgroep se visie is groepe kleuters in ons gemeente wat d.m.v. klein saadjies van kennis en geloof gegroei het tot kinders wat lief is vir Jesus en steeds meer vrugbaar sal word in hul katkisasie jare voorentoe.

Missie

Die Diensgroep skep ‘n liefdevolle en warm omgewing waar kinders in hul vormings jare blootgestel word aan die verhale in die bybel en sodoende gelydelik kennis opbou van ons Here.  Kinders word liefdevol en speel-speel geleer. Dit is vir die Diensgroep belangrik om vir die kinders ‘n gevoel van samesyn en liefde te skep en nie ‘n gevoel van werk en verpligting nie.  Hul moet uitsien daarna om Sondae die kinderbediening by te woon. 

Kleuterbedienings Diensgroep

Spesiale projekte

Spesiale projekte

Die kerskonsert vir 2018 was ‘n reuse sukses en was ‘n wonderlike geleentheid vir hierdie bediening-span om te spog met die gemeente se “kleine” mede- broers en susters in Christus.

Die Engele-koor was vergesel deur die Gereformeerde Kerk Pretoria-Anlinn se kerkkoor.  Almal het soos engele aangetrek oud en jonk!

Die gemeente het ook hul liefde teenoor ons verbondskinders getoon deur in hul massas op te daag by die konsert. Die kerksaal het behoorlik uit sy naate gebars!

Wil jy graag aansluit by hierdie diensgroep?

Die Kleuterbediening Diensgroep het tans 12 lede wat Sondae elk ‘n beurt maak om die kinders te onderig gedurende die erediens. Enige lidmate wat wil betrokke raak by die diensgroep is baie welkom. Gaan asb na die kontakbesonderhede blad en vul die epos vormpie in.