Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin

Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin

Laerskooljeug

Visie

Ons sien al die gemeente se verbondskinders as deelnemende lidmate wat op gepaste wyse hope pret beleef.

Missie

Om al die gemeente se verbondskinders op gepaste spelende wyse te betrek rondom die Woord van God en om vanaf ‘n jong ouderdom vreugde in die Here te ervaar.

Tipiese aktiwiteite

Ons diensgroep bied gereeld speletjiesaande aan, uitreike na bejaardes en ouetehuise, uitstappies na opwindende plekke (bv klim die Magaliesberg, besoek natuurreservate, swem en piekniek), jeugkampe en ons neem jaarliks deel aan ‘n kersprogram.

Die diensgroep beoog om jaarliks minstens 8 of 9 jeugaksies te hou. Elke jaar wil ons iets aanpak oor diensbaarheid (besoek aan ‘n tehuis vir bejaardes of armes of verwaarloosde diere), iets aanpak in die water (waterkaskenades, swem) ‘n jeugkamp en ‘n buitelug-aktiwiteit (stap in die berge of besoek aan ‘n reservaat).

Blaaskompetisie.

Wil jy of jou kind graag betrokke raak?

Die diensgroep bestaan tans uit 5 persone, maar nog groter betrokkenheid van die ouers se kant sal ons taak net soveel makliker maak. As jy dus by die diensgroep wil aansluit, vul asb net die eposvormpie in by Kontakbesonderhede en verskaf jou naam en telefoon nommer en ons sal na jou toe terugkom.

As jou kind graag betrokke wil raak by die aktiwiteite, kan hy/sy ook sy naam en kontakbesonderhede op die eposvormpie verskaf en ons sal hom/haar kontak.

Ons loop voor!

Wie se papiervliegtuig vlieg die mooiste en die verste?