Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin

 

 

Manne Bedieningsgroep

 

Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin

Manne Bedieningsgroep

Visie

Die Manne Bedieningsgroep se visie word mooi opgesom met die woorde van 1 Tim 6:11 – “Maar jy, man van God…”.  As manne wil ons daar wees vir mekaar, en mekaar versterk.  Ons wil van mekaar leer en persoonlike ervarings met mekaar deel om so mekaar te lei om manne van God te wees.

Werkswyse

Ons kom maandeliks bymekaar so teen 18:30.  Soms by ‘n restaurant vir ‘n koffie, ander kere by iemand se huis.  In die jongste tyd moes ons weens die Regering se inperkings d.m.v. elektroniese media (Zoom) met mekaar praat. Alhoewel ons altyd ‘n Skrifgebaseerde tema het, is dit nie ‘n formele Bybelstudie nie.  Ons gesels met mekaar oor dit wat ons lees en hoe dit elkeen van ons raak.  Die hoofsaak is dat elke man daar wegstap met nuwe gedagtes oor hoe om ‘n man van God te wees.

Ervarings

Die Manne Bedieningsgroep is maar onlangs, vroeg in 2020, gestig. Met ons 1ste byeenkoms was dit so lekker om as deel van ons opening, ‘n Psalm saam te sing.  Vir ons, ‘n toonbeeld van ons dankbaarheid vir die grote God wat ons dien.  Na ons byeenkoms, het ‘n karwag my gestop en gese hoe mooi dit was dat ons so sonder skaamte, die lof aan God bring, en hoe dit hom ook nader aan God gebring het.

 

 

 

Indien jy ‘n manlike lidmaat is en graag by die Manne Bedieningsgroep wil aansluit is jy baie welkom. Vul net die eposvormpie hieronder in. Die epos gaan dan direk na die sameroeper van die groep, broeder Willie Coetzee. 

Indien jy ‘n manlike lidmaat is en graag by die Manne Bedieningsgroep wil aansluit is jy baie welkom. Vul net die e-posvormpie hieronder in. Die e-pos gaan dan direk na die sameroeper van die groep, broeder Willie Coetzee.