Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin

 

Verslawing

Agtergrond

Verslawing is ‘n afhanklikheid aan onder andere alkohol, dwelmmiddels, kos, dobbel en nog vele meer…

Die behandeling van verslawing bestaan uit:

  • Erkenning van probleem.
  • Geestelike aspek van die stryd teen verslawing.
  • In die geval van alkohol, dwelms en kos is daar ook ‘n liggaamlike aspek wat verstaan moet word voordat dit bestuur kan word.
  • Praktiese aspekte van behandeling.

Diensgroep missie

Onderskraging aan persone wat hulle verslawing erken en ook hulle naasbestaandes.

Tipe bystand wat verleen kan word:

  1. Gesprekvoering met die persoon en sy naasbestaandes.
  2. Help met verwysing na plekke van behandeling.
  3. Ondersteuning tydens behandeling.
  4. Gaan saam na opvolgvergaderings.
  5. Ondersteuning aan naasbestaandes.
  6. Help met dag-tot-dag versoekings deur praktiese wenke te verskaf en om beskikbaar te wees vir gesprekke/besoeke/bemoediging.

Diensgroep samestelling

  • Sameroeper is Louis Erasmus.
  • Ds Attie VenterĀ 
  • Ds Giepie van der Merwe

Diesgroep samestelling

  • Sameroeper is Louis Erasmus.
  • Ds Attie VenterĀ 
  • Ds Giepie van der Merwe

Het jy hulp nodig?

Louis en die predikante sal jou baie graag wil help. Kontak Louis persoonlik by 0824477849 of vul die onderstaande eposvormpie in en Louis sal jou kontak. Die epos gaan direk na Louis toe en die probleem sal vertroulik deur hom hanteer word.

2 + 7 =

Onthou om die antwoord vir die eenvoudige sommetjie in te vul – net om seker te maak jy is nie ‘n robot nie.