GEREFORMEERDE KERK

PRETORIA-ANNLIN

Siekebesoeke

 

Ons Visie

Om deurlopend daarop te fokus om na lidmate uit te reik wat bemoediging benodig.

Ons Missie

As kinders van die Here kry ons in Galasiërs 6:2 die opdrag om mekaar se laste te dra. Ons is immers almal deel van één liggaam – en as die een ly, ly almal saam. Vir hierdie diensgroep beteken dit om ons siekes, tuis en in die hospitale, te besoek, na hulle te luister en hulle met die Evangelie te bemoedig.

Groep samestelling

Die groep is saamgestel uit ’n diaken (koördineerder) en ’n aantal lidmate wat hulle geroepe voel en oor die gawe beskik om ander te bemoedig. Enige lidmaat  is welkom om by hierdie diensgroep aan te sluit.

Ons besoek lidmate wat tuis siek is, of in die hospitaal is en wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Wanneer ’n besoek nie moontlik of nodig is nie, byvoorbeeld in die geval van ’n dagprosedure of ’n opname in afgeleë hospitale, poog die diensgroep om die lidmate telefonies te kontak.

Weet u dalk van medelidmate wat ’n besoek benodig?

Indien u weet van lidmate wat in die hospitaal opgeneem is of bemoediging benodig, sal dit waardeer word as u die onderstaande vormpie vir ons sal invul. Die inligting gaan dan direk na die kerkkantoor wat die diensgroep dadelik sal inlig.