GEREFORMEERDE KERK
PRETORIA-ANNLIN
Seniors
Visie
Om die waarde van elke liewe senior te koester met liefde en warm ondersteuning deur besoeke aan hulle te bring.
Missie
Ons senior lidmate is ’n baie kosbare deel van ons gemeente en sosiale interaksie speel hier ’n kernrol. As ondersteuningsgroep poog en streef ons daarna om saam te kuier en na die wel en wee van ons seniors as deel van ons geloofsfamilie om te sien.
Groep se samestelling
Die diensgroep word gelei deur ’n diaken, ondersteun deur ander en ’n aantal susters in ons gemeente wat bystand verleen.
Deur saam te lag en heerlik te gesels strewe hierdie diensgroep daarna om op ’n geestelike en maatskaplike wyse ons oumense in hul goue jare van hulp te kan wees.
Indien enige een van ons lidmate van mening is dat hy/sy oor ’n spesifieke gawe beskik om hierdie diensgroep by te staan of van hulp te kan wees sal dit beslis baie welkom wees!
Die diensgroep is verantwoordelik om:
- Seniors gereeld te besoek.
- Behoeftes te bepaal om hulp te kan verleen.
- Fisiese versorging te koördineer en hulp te verleen waar nodig.
- Vervoerreëlings (in samewerking met die vervoerdiensgroep).
- Inkopies (hulpverlening wanneer benodig).
- Doktersbesoeke (hulpverlening wanneer benodig).
- Opstel van ’n databasis vir kontaknommers van kinders / naasbestaandes en/of familie.