GEREFORMEERDE KERK

PRETORIA-ANNLIN

 Sosiale Dienste

Visie

Om onderlinge meelewing deur middel van sosiale aktiwiteite vir ons gemeente se lidmate te reël en hulle deelname aan te moedig.

Missie

Bewerkstellig interaksie met die doel om mekaar beter te leer ken. Om mekaar beter te ken vergemaklik die proses om mekaar te bemoedig, vir mekaar om te gee en om mekaar by te staan om sodoende ’n bydrae te lewer tot die algehele groei van geestelike volwassenheid tussen ’n gemeenskap van gelowiges.

Groep se samestelling

Hierdie diensgroep bestaan uit uit ’n diaken (koördineerder) en ’n aantal lidmate.

Suster Rita Kruger en haar span besig om tydens ’n kerkkamp te bedien.

Diensgroep se verantwoordelikheid

Die diensgroep reël sosiale aktiwiteite vir ons lidmate. Die groep is verantwoordelik vir die beplanning en organisering van:

  • Nagmaaletes: Nagmaal word vier keer per jaar aangebied. Dan is daar ook ’n paasnagmaaldiens wat gehou word. Nadat die nagmaaldiens afgehandel is word ons lidmate uitgenooi om die nagmaalete in die saal by te woon.
  • Kom Kuier na Kerk (KKnK): Die KKnK is ’n maandellikse geleentheid om ons gemeente as ’n gemeenskap van gelowiges byeen te bring waar daar op ’n informele wyse na die aanddiens gekuier word. Datums vir die KKnK word op die kerkkalender aangetoon. Die maande waartydens nagmaaletes aangebied word, is uitgesluit.
  • Gemeentekamp: Die gemeentekamp word jaarliks aangebied waar ons lidmate uitgenooi word om vir ’n naweek van samesyn byeen te kom. Verskeie aktiwiteite word gereël vir ’n naweek van pret en plesier, alhoewel daar ook tyd ingeruim word vir meer ernstige aktiwiteite, byvoorbeeld gassprekers wat genooi word en toepaslike lesings wat aangebied word.
  • Ad hoc geleenthede: Ander aktiwiteite vir gemeentesamesyn en kuier, bv. ’n gemeentebraai, uitstappies, ens. word ook op versoek gereël.