GEREFORMEERDE KERK

PRETORIA-ANNLIN

Versorging en Barmhartigheid

Visie

‘n Gemeente wat vir mekaar omgee en omsien na mekaar se fisiese en geestelike behoeftes.

Missie

Om hulpverlening aan behoeftiges, hetsy dit individue, egpare, gesinne of selfs instansies, byvoorbeeld die President Kruger Kinderhuis is, te bewerkstellig.

Groep se samestelling

Slegs diakens is deel van hierdie diensgroep. Alle gevalle van hulpverlening word uiters vertroulik hanteer.

Streng gesproke is hierdie kritieke diensgroep presies waarvoor die diakonie in 61 n.C. ingestel is. (vgl. Handelinge 6: 1-4). Dit is baie belangrik om te weet dat die versorgings- en barmhatigheidsgroep ten doel het om alle hulpbehoewende lidmate in ons gemeente en ander hulpbehoewendes wat die gemeente genader het vir hulp, by te staan, hetsy met finansiële hulp, praktiese hulp, geestelike bemoediging, gereelde huisbesoek en finansiële opleiding soos byvoorbeeld die opstel van ’n begroting.

In alle gevalle word vordering deurlopend gemoniteer en sorgvuldig geadministreer. Rekordhouding van besluite geneem word noukeurig genotuleer. Koopbewyse en kontantuitbetalings word met versigtigheid hanteer en aangewend.

Die maandelikse diakonale bydrae vanaf GK Pretoria-Annlin aan die President Kruger Kinderhuise word gelykop tussen die Pretoria- en die Reddersburgkinderhuis verdeel.