GEREFORMEERDE KERK

PRETORIA-ANNLIN

Jeug

Kleuterbediening

Visie

Die Kleuterbediening Diensgroep se visie is groepe kleuters in ons gemeente wat d.m.v. klein saadjies van kennis en geloof gegroei het tot kinders wat lief is vir Jesus en steeds meer vrugbaar sal word in hul katkisasie jare voorentoe.

Missie

Die Diensgroep skep ‘n liefdevolle en warm omgewing waar kinders in hul vormingsjare blootgestel word aan die verhale in die bybel en sodoende gelydelik kennis opbou van ons Here.  Kinders word liefdevol en speel-speel geleer. Dit is vir die Diensgroep belangrik om vir die kinders ‘n gevoel van samesyn en liefde te skep en nie ‘n gevoel van werk en verpligting nie.  Hul moet uitsien daarna om Sondae die kinderbediening by te woon.

Drie klassies word aangebied tydens die preek op Sondagoggende:

  • 18 maande tot 4 jaar
  • Graad RR tot gr. 1
  • Graad 2 en 3

Gekeurde lesmateriaal word aangebied deur ‘n span geesdriftige ouers en ons kleingoed hoor die Woord op hulle eie verstaansvlak.

Sameroeper: Lisa Vosloo

Katkisasie

Gedurende skooltermyne word Katkisasieklasse Sondae na die erediens aangebied vir Voorskools tot gr. 11. Die voor-belydenis en belydenisklas se katkisasie word Sondagoggende na die erediens deur ds. Pieter gelei.

Sameroeper: Ouderling Thomas Venter

Vanjaar se Kategete

Jeugaksies

Laerskooljeug

Die Laerskool jeug is geskep vir die kinders van voorskool – gr. 6. Daar word vir hul deur die jaar verskeie geleenthede gereël waar hul bymekaar kom om saam te speel en mekaar op n dieper vlak te leer ken.

Sameroeper: Zoë Venter

Middelskool Jeug

Die Middel skool jeug groep is vir die kinders vanaf gr. 7 – 8.

Hoërskooljeug

Die Hoërskool jeug groep is vir die kinders vanaf gr. 9 – 12.

Studente- en Jongmense Groep

Die groep is vir ons jong studente en jong werkendes om by mekaar uit te kom tussen die heen en gaan van ‘n besige lewe, om mekaar te leer ken en te ondersteun.

Sameroeper: Clarissa Rehder

Wil jy graag by hierdie diensgroep aansluit?

Enige lidmate wat wil betrokke raak by die Jeugbedieningsgroep is baie welkom. Gaan asb. na die kontakbesonderhede blad en vul die epos vormpie in.